Pinetown-Gemeente
  • Tuis
  • Wie is ons
  • Kontak ons
  • Preke
  • Are you English?
    • Who we are
    • What we believe and teach
    • What we do
    • Contact us

Wie is ons?

Ons is ʼn gemeenskap van gelowiges in die westelike dele van Durban. Ons volg Jesus Christus soos Hy ons lei deur die Heilige Gees en die Woord, tot eer van die Vader en in liefde tot ons gemeenskap. Ons wil die waarhede van die Bybel eerste stel in die uitlewing van ons geloof soos ons dit bely in die Heidelbergse Kategismus, die Nederlandse Geloofsbelydenis en die Dordtse Leerreëls. Ons toets ons gebruike om relevant te bly vir ons tyd en ons omgewing. 
 
Ons wortels is in die Gereformeerde- en Hervormde- Kerke van Pinetown, wat beide nog bestaan, maar wat nou as een geloofsgemeenskap saamleef, saamwerk en saam getuig in ons gemeenskap.
Lees meer

Wat leer ons en hoe leef ons dit uit?

Picture
Ons is 'n sigbare liggaam van Christus in die gemeenskappe waar ons leef.
Picture
Ons absolute fondament is die hele Bybel as heilige onfeilbare Woord van God (Sola Scriptura). Ons versoening met God is in Christus alleen (Sola Christus), uit genade alleen (Sola Gratia) en alleen deur geloof (Sola Fide).
Ons glo dat ons belydenisskrifte ooreenstem met die Bybel en daarom gebruik word as kompas om die Bybel reg te verstaan.
Picture
God is die Almagtige Koning van alle sigbare en onsigbare dinge.  Soos alle mense op aarde is ons van nature rebelle wat nie onder sy heerskappy wil wees nie, maar self konings wil wees.
Picture
Die mens is goed geskep en het in harmonie met God gelewe. Ons sonde om self koning te wil wees stuur ons reguit na ons verdiende straf, die hel. Ons eie pogings tot versoening is alles nutteloos. Dis slegs die kruisdood van Jesus Christus wat die prys van ons skuld afbetaal. Deur geloof in Christus alleen kan ons weer saam met God stap.
Picture
Die liefde wat God deur Christus bewys het, veroorsaak deur die werk van die Heilige Gees herstel en omkeer in ons harte. Hierdie liefde wat ons van God ontvang is so oorvloedig dat dit oorloop in ons sodat ons selfopofferend lief is vir ander mense.

Ander se reaksies teenoor ons bepaal nie ons liefde aan hulle nie, omdat ons lewe uit Jesus se oorvloedige liefde vir ons. 
Picture
Ons is dissipels van Jesus Christus wat onsself verloën en opoffer om Hom te volg. As dissipels van Christus stap ons ook saam met mekaar 'n pad. In ons verhoudings met ander mense kan ons die lewe van 'n Christen sien en dit dupliseer. Ons kan dit dan ook aan ander demonstreer om verder te dupliseer.

Ons loop die pad van dissipelskap saam met mense binne sowel as buite ons gemeente.
Picture
Omdat ons met God versoen is, kan ons nie anders as om steeds groei in ons geloof en lewenswyse om meer te lyk soos Jesus Christus. Die Heilige Gees wat in ons woon is diebron van hierdie groei in ons- dit kom nie uit onsself nie. Hy gee vir ons die wil en vermoë om al hoe meer gehoorsaam te wees.

Alles in ons lewens moet meer daarop fokus om God as die enigste Koning te eer. 
Picture
God se koninkryk word sigbaar deur die manier wat ons met mense binne en buite die gemeente saamleef. Geloof is'n persoonlike maar nie 'n private saak nie. Ons word opgeroep om onder mekaar te getuig van God en mekaar te bemoedig in die geloof.
Lees meer oor Wat ons leer.
3de Weg, 23
Ashley 
​Pinetown
Durban
3610
Voortrekker str, 1
Ashley 
​Pinetown

Durban
3610

Ondersteun deur:
Picture
  • Tuis
  • Wie is ons
  • Kontak ons
  • Preke
  • Are you English?
    • Who we are
    • What we believe and teach
    • What we do
    • Contact us